Moordverdagte beweer kapers het haar man vermoor

hofhamertjie3ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar 60-jarige man laat vermoor het, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg getuig dat hy deur kapers vermoor is.

Thenjiwa Ignatia Griffiths (31) sê een van die kapers het haar probeer verkrag tydens die beweerde voorval naby Colenso in Januarie 2006. Sy het getuig nadat regter Rishi Seeogbin ʼn aansoek om haar ontslag geweier het. Seegobin sê die staat het ʼn prima facie-saak teen Griffiths. Die staat beweer dat Griffiths twee mans gehuur het om haar man, Alan, te vermoor. Volgens die staat het die twee mans hul as rylopers voorgedoen en het Griffiths haar man oorreed om hulle op te laai. Nadat hy die twee mans opgelaai het, het hulle hom glo verwurg. Volgens die staat wou Alan van sy vrou skei en het hy ʼn beskermingsbevel teen haar gekry aangesien sy glo geweier het dat hy sy familie kontak. Griffiths beweer hulle is gekaap en sê een van die kapers het haar gedwing om haar klere uit te trek. Sy beweer sy kon ontsnap en dat ʼn verbygaande motoris haar opgelaai en na die Estcourt-polisiestasie gevat het om die kaping aan te meld. Sy het getuig dat sy net ʼn bra aangehad het en dat sy kaal in ʼn kamer by die polisiestasie moes sit en wag. Sy sê polisiebeamptes het die kamer binnegekom om haar kaal te sien en nie om ʼn onderhoud met haar te doen of haar by te staan nie. Volgens Griffiths het ʼn polisievrou uiteindelik gesê dat daar vir haar klere gebring sal word waarna sy na die Colenso-polisiestasie geneem is. Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rondom Lelik ·

‘n Vrou is tot wreder goed instaat as die man. Is ook meer uitgeslape en skelm. Die Eva geslag gaan my sekerlik nou kruisig. Gooi maar die klippe.

YOLANDA ·

rondom lelik,,,, dit is waar ja,,,, ma wie het ons skoner geslag so gemaak ????

vroutjie ·

RL ja, en dan se mense jy moet eerder skei as moor. En nou is die vrouens nog sulke dom moordenaars ook!!!!! lol lol lol Mevrou as jy ander betrek by jou vuil dade kan jy maar gaan inboek by die staats guesthouse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.