Moordverdagte oorlede voor verhoor kon begin

Louis Venter saam met sy vermoorde vrou Meisie. Foto: LookLocal

Louis Venter (61), wat beskuldig word van die moord op sy vrou en sy aangenome seun, is vroeër die week in die hospitaal oorlede.

LookLocal Pretoria-Noord berig dat Venter sowat ʼn maand gelede ʼn beroerte gehad het. Hy is Saterdag in die Kalafong-hospitaal oorlede. Venter moes Vrydag weer in die hof verskyn op twee aanklagte van moord. Venter het glo op 18 Maart vanjaar sy vrou, Meisie (60), en aangenome seun, Innes (42), in die gesin se kombuis doodgeskiet na ’n argument glo tussen hulle ontstaan het. Volgens die berig sal die polisie Vrydag ʼn doodsertifikaat by die hof inhandig waarna die saak van die rol geskrap sal word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.