Morné Steyn se pa van diefstal aangekla

Morné Steyn, Springbok-losskakel, se pa staan tereg op ʼn aanklag van diefstal.

Johan Steyn (56) is vroeër vanjaar van diefstal van hektoerusting en -onderdele met ʼn waarde van meer as R30 000 aangekla, berig Volksblad. Die saak is egter weens ʼn gebrek aan getuienis nooit op die hofrol geplaas nie, maar die direkteur van openbare vervolging het intussen beslis dat hy vervolg moet word.

Johan het Donderdag in verband met die beweerde diefstal in die hof verskyn en is deur landdros V. Pillay op waarskuwing vrygelaat. Die verhoor is tot 4 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.