Morula Sun-casino van R3,5 miljoen beroof

Die polisie in Gauteng het ʼn soektog van stapel gestuur na 18 verdagtes wat Sondag die Morula Sun-casino buite Pretoria, beroof het.

ʼn Woordvoerder, kapt. Solly Marindi, sê ʼn kassier wat by die casino werk is ook tydens die rooftog ontvoer. Marindi sê vyf gewapende mans het die casino omstreeks 20:10 Sondagaand binnegestorm en skote afgevuur in die vermaaklikheidsarea. Hy sê die mans was met AK47’s gewapen en het aangedring op kontant. Die rowers het sowat R3.5 miljoen gebuit voor hulle ʼn kassier ontvoer het en in ʼn Toyota Hilux bakkie gevlug het. Die rowers se medepligtiges het buite die casino in ʼn Audi A4, ʼn BMW en twee Mercedes Benz motors gewag. Marindi sê die kassier is buite die casino langs die pad afgelaai voor die rowers in ʼn konvooi gevlug het. Hy sê niemand is beseer nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.