Mosambiek staar hongersnood in gesig

Argieffoto

Argieffoto

Jose Pacheco, Mosambiek se minister van landbou, het bekend gemaak dat meer as 300 000 mense in die land vanjaar hongersnood in die gesig staar.

Pacheco het tydens ʼn onderhoud op die staatsradio gesê die hongersnoord, wat hoofsaaklik die sentrale en suidelike streke van Mosambiek raak, word deur verskeie faktore, insluitend droogte, oorstromings en insekplae, veroorsaak. Hy het gesê gewasse word ook vernietig deur wilde diere soos olifante en seekoeie.

Pacheco het gesê die regering is besig met stappe om kleinboere te help om meer voedsel te produseer. Dit sluit finansiële hulp in wat die boere in staat sal stel om kunsmis en landbou-implemente aan te koop om hul landerye te besproei.

Die regering het ook $100 miljoen uit Brasilië bekom om landbou-toerusting aan te koop om landbou in die land te bevorder. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Toentertyd was die Portugese welvarend met hul boerderye in Mosambiek. Die mense wou hul grond terug hê en die Porugese moes vinnig padgee. Veertig jaar + later kan hulle nog steeds nie vir hulself sorg nie. As ek nou redes hiervoor moet verstrek gaan ek as rassis uitgekryt raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.