Mosambiek-vloede beïnvloed kragtoevoer na SA

Hidroelectrica de Cahora Bassa, HCB

Die vloede in suidelike Mosambiek het kragtoevoer na Suid-Afrika halveer.

“Sleutelkraglyne van die Limpoporivier na Suid-Afrika is in die vloede beskadig,” het Hilary Joffe, woordvoerder vir Eskom, gesê. “Dit beteken dat die kragtoevoer van Mosambiek gedaal het. Ons kry minder as 650 megawatt, wat sowat die helfte is van wat dit veronderstel is om te wees.”

Eskom voer tussen 1 300 en 1 500 megawatt elektrisiteit in van Hidroelectrica de Cahora Bassa (HCB). HCB is een van Afrika se grootste hidro-elektriese projekte. Die lyn het in die vloedwater, wat groot gedeeltes van Mosambiek die afgelope week laat oorstroom het, meegegee.

“Ingenieurs is tans besig om die lyn te herstel, en Suid-Afrika het ook ingespring om sy buurland met die herstelwerk te help,” het Joffe gesê. Intussen ontvang Eskom elektrisiteit van ander verskaffers om die las te dra.

Duisende mense is in Mosambiek weens die vloede ontruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois Griebenow ·

Die kragtoevoer is waarskynlik gehalveer, nie gehalfeer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.