Mosambiekse vlieënier het vliegtuig “met opset” laat val

Foto: @newsonnbc/Twitter

Foto: @newsonnbc/Twitter

Die kaptein van die Mosambiekse passasiersvliegtuig wat verlede maand in Namibië neergestort en die dood van 33 mense veroorsaak het, het ʼn “duidelike bedoeling” gehad om die vliegtuig te laat neerstort.

Die vliegtuig se vlugopnemers wys vlug TM470 het neergestort terwyl kaptein Herminio dos Santos Fernandes die Embraer 190 se stuuroutomaat gemanipuleer het op ʼn manier wat dui op ʼn “duidelike bedoeling” om die vliegtuig te laat neerstort, het ʼn voorlopige ondersoek van die Mosambiekse lugvaartowerheid bevind. “Die rede vir al die aksies is onbekend en die ondersoek duur voort,” het Joao Abreu, hoof van die lugvaartowerheid, gesê. Abreu sê Dos Santos Fernandes het homself in die stuurkajuit toegesluit, waarskuwingseine geïgnoreer en nie sy medeloods toegelaat om weer die stuurkajuit binne te kom nie.

Die vliegtuig het op 29 November in die Bwabwata- nasionale park neergestort. Die vliegtuig wat van Maputo na Luanda in Anglo gevlieg het se ses bemanningslede en 27 passasiers het in die ongeluk omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

akram ·

wat is die probleem met Moz se vliegtuie? Hulle val sommer net so? en altyd in n vreemde land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.