Mosselbaai-skolier vermoor

Twee jong mans is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 19-jarige by sy skool in Mosselbaai vermoor het.

Thabani Mntini is Maandagoggend omstreeks 10:00 by die skool met ‘n skerp voorwerp gesteek, het kaptein Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap gesê. Hy wou nie die skool se naam bekend maak nie.

“Die verdagtes het die slagoffer glo tydens die eerste pouse genader. ‘n Stryery het uitgebreek wat toe in ‘n bakleiery ontaard het,” het Pojie bygevoeg. “Thabani Mntini is twee keer in sy gesig en een keer in sy bors gesteek. Die twee verdagtes het te voet in die rigting van Kwanonqaba gevlug.”

Ander leerders het Mntini na die kantoor toe geneem, en die polisie is ontbied. Hy het kort nadat die polisie opgedaag het, gesterf.

Twee 18-jariges is omstreeks 12:00 in Kwanonqaba in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Mosselbaai verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.