Motala sê Aurora baat nie ondanks politieke bande

Enver Motala, een van twee likwidateurs van Pamodzi wat verlede week afgedank is, sê Aurora Empowerment Systems het nooit voorkeur ontvang weens sy politieke bande nie.

Motala het ʼn mediaverklaring uitgereik waarin hy weer beloof om sy afdanking teen te staan. Dae nadat Motala en Gavin Gainsford afgedank is, is Aurora aangesê om die mynbates in Orkney en Springs binne drie dae te ontruim. Volgens Motala steek daar geen waarheid in die bewerings dat Aurora behou is as potensiele bieër as gevolg van die identiteite van sy direkteure nie.

Aurora word bestuur deur president Jacob Zuma se neef, Khulubuse, Zuma se regsadviseur Michael Hulley en oud-president Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa. Motata sê likwidateurs moet volgens die wet optree sonder vrees of guns en in belang van die krediteure van die gelikwideerde eiendom. Volgens Motala is dit presies wat hulle gedoen het ondanks moeilike omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.