Mothutlung-betogings eis vierde slagoffer

Betogers in Mothutlung naby Brits het glo die pad met brandende bande versper Foto: @bemol79/Twitter

Betogers in Mothutlung naby Brits het glo die pad met brandende bande versper Foto: @bemol79/Twitter

ʼn Vierde persoon is dood ná gewelddadige betogings naby Brits oor watertoevoer, het JacarandaFM Maandag berig.

Paul Hendricks, ʼn gemeenskapsleier van Damonsville, het gesê die man is Maandagoggend oorlede. “Hy is in die kop geskiet en na Ga-Rankuwa-hospitaal geneem waar die koeël verwyder is,” het Hendricks aan die radiostasie se nuusspan gesê. Die man was in ʼn koma en het later gesterf.

Volgens die SAUK was die 36-jarige man sewe dae lank in die hospitaal se intensiewesorg-eenheid. Die man se broer het sy afsterwe aan die uitsaaier bevestig.

Drie ander persone wat tydens die betoging oor dienslewering in Mothutlung gesterf het, is oor die naweek begrawe. Twee persone is vermoedelik deur die polisie doodgeskiet en ʼn derde persoon is dood nadat hy glo uit ʼn bewegende polisievoertuig gespring het. -SAPA

Lees ook:
Burgemeesterslid by Brits-gedenkdiens aangeval
Sekere dele van Mothutlung steeds sonder water
Watertoevoer in Mothutlung herstel
Brits-betoging: 14 in die hof
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Wie is werklik vir die mense se dood verantwoordelik? Is dit nie hulle wat nie die dienste lewer nie? Die betogings sou mos nie plaasgevind het indien dienste gelewer was nie. Kla daardie mense vir moord aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.