Motlanthe “gepynig” oor Derby-Lewis se vrylating

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe voel “gepynig” oor die vraag of Chris Hani se moordenaar, Clive Derby-Lewis, vrygelaat moet word, het Beeld Dinsdag berig.

“Ek dink dit is een van daardie kwessies wat ons toewyding tot ʼn sorgsame samelewing, ʼn samelewing wat nie deur die drang vir wraak aangedryf is nie, bevraagteken,” het Motlanthe Saterdag by die Nelson Mandela-sentrum van herinnering in Houghton, Johannesburg, gesê.

“Die land moet die kwessie oor Derby-Lewis se vrylating bespreek, aangesien geregtigheid nie selektief kan wees nie. Dit moet reëlmatig wees, self vir mense wat ons as teenstanders beskou.”

Motlanthe het gesê die kwessie oor sy vrylating is ʼn toets van hoe ver die land met die konsolidasie van ons kultuur van menseregte gekom het.

“Hy [Derby-Lewis] is ook siek. Dit maak nie saak hoeveel keer hy vir vrylating aansoek gedoen het nie, ons het telkens gesê: ‘Nee, ons mense is nog nie gereed nie’.”

Motlanthe sê indien Derby-Lewis in die tronk sterf, sal hy vir sommige mense ʼn martelaar wees.

Derby-Lewis is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord in 1993 op Chris Hani, die uitvoerende hoof van die SA Kommuniste Party. Derby-Lewis het ʼn vuurwapen gereël vir die sluipmoordenaar Janusz Walus, wat tans dieselfde tronkstraf uitdien. Altwee is aanvanklik doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf afgeskaf is.

Derby-Lewis, nou 77 jaar oud, het glo kanker en het in 2011 en 2012 aansoek gedoen vir mediese parool.

Blade Nzimande, uitvoerende hoof van die SAKP, het vroeër vanjaar tydens die 20ste herdenking van Hani se moord gesê Derby-Lewis en Walus moet die waarheid bekend maak van wie nog by die moord betrokke was. “Ons wil nie hê dit moet weer gebeur nie,” het Nzimande gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize Mans ·

As Mandela uit die gevangenis gelaat is,wat meer moorde gepleeg het as Darbi Lewis ,dan het hulle mos nie aan beweeg nie.Hulle haat nog steeds die witman.En wat van De Kock.
Hy het bevele uit gevoer, van die ministers wat in bevel was

Melani ·

Elize oom Clive het nie die moord gepleeg nie. Ergste is mandela was nie eers ‘n politieke gevange nie. Hulle behoort oom Clive nou te los om sy laaste paar jaar saam sy gesin te kan spandeer. Ek weet nie hoekom hulle hom so vrees nie.

Henko ·

Wat het Nelson Mandela beter gemaak, het hy nie opdragte vanuit die tronk gegee om bomme te plant nie? Laat Clive Derby-Lewis nou vry.

Deon ·

Ware stellings Elize en Melani! As Mandela so ‘n ikoon was en die Afrikanerorganisasies soos die AB, FAK, ensomeer neutraal of gematigd, waar is hul openbare druk oor Clive ‘n volksman wat ek persoonlik ontmoet het? ‘n Oud-KP. ‘n Man wat kommunisme beveg het wat amptelike NP beleid was en in die westerse wereld vir dekades. Waar is die ANC se vergifnis soos ons die ANC moordbendes vergewe het?

Melani ·

Deon, ek het die voorreg gehad om oom Clive te ontmoet, ons het vir hom en ‘n paar manne in die tronk gaan kuier so paar weke terug. Wat ‘n fantastiese man, hy word met die hoogste respek behandel deur al die rasse in die tronk. Persoonlik voel ek hy het sy straf uitgedien as “medepligtige” aan die liberalis se dood. Mandela het egter hoeveel van ons mense se dood veroorsaak, waarvan ‘n hele gesin, waarvan die babatjie totaal en al weggeblaas was, maar ons Afrikaners was die terroris so goedgesind, het hom sommer beloon met ‘n “golden handshake ” en presidentskap. Hulle maak my siek!!!

Marie ·

En so moet ons op ons kniee staan en baie dankbaar wees…..hoe lank gaan hierdie storie al aan? Sekere soorte wesens gee nie genade nie….dis n teken van duiwelse mag oor ander…Dalk is daar individue wat anders dink, ek hoop maar so. Die korporatiewe groep..def. nie!!! Alles is vir die “eye-blind”. Ek is nie normaalweg negatief nie, maar mens kan seker sien wat aangaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.