Adjunk president Kgalema Motlanthe het gesê “gevestigde persoonlike belang” verhoed die ANC om meer verenig en doeltreffend te wees en die probleme gaan moontlik vererger, het die Financial Times Limited Maandag berig.
“As die party nie aandag gaan skenk aan die noodsaaklikheid om relevant te bly vir die mense van Suid-Afrika nie, gaan hy moontlik mag verloor,” het Motlanthe in ʼn onderhoud gesê.
Kommentators, binne en buite ANC-kringe, glo die party se stemme kan vir die eerste keer tydens volgende jaar se algemene verkiesing tot minder as 60% daal.
Motlanthe sê dit bekommer hom. “Dit gaan definitief nie ʼn maklike verkiesing wees nie. ʼn Party kan nie aan sy wonderlike geskiedenis gemeet word nie, maar op dít wat mense ervaar.”
“Die krisis moet eers ʼn piek bereik voordat die ANC gaan herstel. Dit sal ʼn illusie wees om te dink so iets sal vanself regkom. Dit moet eers erger word,” het hy gesê.
-SAPA
AL STEM EK NIE SAAM MET SY POLITIEK NIE, PRAAT HY DIE WAARHEID. DIT IS DIE REDE WAAROM HY VERSTOOT IS. HY SOU N BAIE BETER LEIER GEWEES HET.