Motor tref perd buite Kimberley

Die Mercedes wat in die ongeluk betrokke was Foto: ER24

Die Mercedes wat in die ongeluk betrokke was Foto: ER24

Vyf mense het ʼn noue ontkoming gehad toe die Mercedes waarin hulle gery het, sowat 5 km buite Kimberley, ʼn perd getref het.

“Al die insittendes was buite die voertuig toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het ʼn woordvoerder van ER24 in ʼn verklaring gesê. “Hulle was almal baie geskok.”

Die perd het tydens impak dele van die voertuig uit mekaar geskeur.

Die perd het op die toneel gevrek.

“Die polisie het bystand verleen op die toneel en die plaaslike dierebeheer-eenheid is na die toneel ontbied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Jy’s reg Gawie, my motortjie is juis nog plat ook – dink ‘n perd loop met gemak daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.