Motorbande van volgende maand af duurder

Die departement van omgewingsake het Dinsdag aangekondig dat ʼn nuwe heffing wat as deel van ʼn motorbandherwinningsprogram ingestel is van volgende maand af geïmplementeer sal word.

Die hoofdirekteur van afvalbestuur by die departement, Nolwazi Cobbinah, het aan verslaggewers in Pretoria gesê dat die heffing van R2,30/kg vanaf 1 Februarie geïmplementeer sal word. Die motorbandherwinningsprogram behels dat afvalbande uit die omgewing verwyder moet word. Die Recycling and Economic Development Initiative (Redisa) wil hê dat nagenoeg 150 depots oor die land op die been gebring moet word wat mense sal betaal om die bande daarheen te neem. Die minister van omgewingsake, Edna Molewa, het reeds vroeer vanjaar die plan bekendgemaak. Sy sê sy glo nie dat die herwinning van motorbande sal lei tot die diefstal van dié bande nie. Die Suid-Afrikaanse motorband-industrie produseer meer as 10 miljoen afvalbande per jaar.

Beeld het vroeër vanjaar berig dat die heffing op vier bande vir ʼn middelslag-gesinsmotor sowat R80 sal beloop terwyl die heffing op vier bande vir ’n groot bakkie sowat R320 sal beloop. Daar is ook kommer uitgespreek oor die impak van die heffing op die vragmotorbedryf en gevolglik die moontlike verhoging van goedere en dienste vir verbruikers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.