Motorfietsrenjaer sterf by Zwartkops

ʼn Motorfietsrenjaer is Sondag dood tydens die Dag van Kampioene se renafdelings by die Zwartkops-renbaan, in die weste van Pretoria.

Motorsport SA sê Wim Pretorius (37) het aan die Thunderbikes-wedren deelgeneem toe hy omstreeks 9:24 Sondagoggend ʼn ongeluk gehad het. Pretorius is onderweg na die hospitaal oorlede. Hy het in 2011 die Thunderbike B-klas klubkampioenskap gewen. “Motorsport SA wil graag sy innige meegevoel betuig aan sy geliefdes, familie en vriende,” het ʼn woordvoerder van Motorsport SA, Estie du Toit, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.