ʼn Motorfietsryers is dood nadat ʼn swaar voertuig hom van sy motorfiets af gestamp het en hy daarna deur nog ʼn voertuig getref is.
Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die voorval Donderdagaand in Barry Marais-weg in Boksburg, Gauteng, plaasgevind.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar dit wil voorkom of die vragmotor die motorfiets getref het. Die krag van die impak het die motorfietsryer se liggaam deur die lug geslinger en hy het in die pad beland waar hy deur die voertuig getref is,” het Wicks gesê. “Die man se liggaam is omtrent 100 meter van die motorfiets se wrak gekry. Die man is op die toneel dood verklaar.”