Motorfietsryer dood, verkeersbeampte beseer na motoris glo jaag

ʼn Motorfietsryer is dood en ʼn verkeersbeampte ernstig beseer nadat ʼn bakkie hulle raakgery het in Potchefstroom in Noordwes.

Volgens ER24 het die bakkie glo teen ʼn hoë spoed op die N12 gery toe dit ʼn verkeersbeampte raakgery het sowat 5km buite Potchefstroom. Die verkeersbeampte het na bewering vir die bakkie gewys om van die pad af te trek toe hy raakgery is. Die 38-jarige beampte het deur die lig getrek en agter op die bakkie te lande gekom. Ander verkeersbeamptes het agter die bakkie aangery waar hulle die beseerde verkeersbeampte sowat 10km verder langs die pad gevind het. Dit is nie in die stadium duidelik of hy van die bakkie geval het en of die bestuurder hom afgelaai het nie. Die bakkie het na bewering hierna teen ʼn motorfiets gebots in Klerksdorp. Die motorfietsryer is op die toneel dood. Volgens paramedici was die polisie op die toneel en is die bestuurder van die bakkie glo in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.