Motorfietsryer en nege ander beseer in Durban-ongeluk

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care, Facebook (https://www.facebook.com/rescuecareza)

ʼn Motorfietsryer en nege ander mense is beseer toe sy motorfiets vyf ander motors in Durban getref het, het paramedici Maandag gesê.

“Die ongeluk het Sondagmiddag op die M19 voor die N2-brug plaasgevind,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Die kritiek beseerde motorfietsryer het in die pad gelê en sy motorfiets was in stukke toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Hy is op die toneel behandel voordat hy na St Augustine-hospitaal geneem is.

Die ander pasiënte is na verskeie hospitale in Durban geneem. “Dit is nie duidelik wat die opeenhoping veroorsaak het nie. Die betrokke owerhede sal die ongeluk ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.