Motorfietsryer gevang wat glo dubbel die spoedgrens jaag

ʼn Motorfietsryer is gevang toe hy Maandag teen bykans twee keer die spoedgrens naby Vryburg in die Noordwes-provinsie gejaag het, het die provinsiale departement van openbare veiligheid gesê.

Simon Mmope, woordvoerder, het gesê die motorfietsryer is omstreeks 11:50, sowat 20 kilometer buite Vryburg op die N14 gevang toe hy teen 226 km per uur in ʼn 120 km/h-sone gejaag het. Die man het ook nie gestop toe die polisieman hom wou aftrek nie en is later in die dorp deur verkeersbeamptes vasgetrek. Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Vryburg op ʼn klag van roekelose bestuur verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.