Motorfietsryer jaag glo omdat perd sterf

ʼn Motorfietsryer is Dinsdag op die R21-hoofweg vasgetrek ná hy 208km/u in ʼn 120km/u sone gejaag het. Sy beweer vir dié spoed was dat hy na sy vriendin moes haas om haar te troos omdat haar perd dood is.

“Die 21-jarige man het op die hoofweg met sy silver Honda VFR gery toe hy deur die Gautengse verkeerspolisie voorgekeer is,” het Bushapi Nxumalu, ʼn woordvoerder, gesê.

“Die man het gesê sy meisie se perd is dood en hy was onderweg na Pretoria om haar by te staan. Hy gaan Woensdag in die Kempton Park-landroshof op aanklagte van nalatige en roekelose bestuur verskyn. Ondersoek gaan ook gedoen word om te bepaal of sy bestuurderslisensie opgeskort moet word,” het Nxumalu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LoodB ·

Ek wonder of mense weet dat ook in noodgevalle moet almal , ja selfs nood voertuie, polisie (ensovoorts) by die padreëls hou. Noodvoertuie moet ook by rooi robotte stop soos by ‘n stop straat, maar het ryvoorrang – bitter min mense weet wat dit beteken vandag.
Dis paties die motorfietsryer se verskoning – ek wonder wie gaan sy meisie bystaan as hy in die tronk sit of gaan sy pappie hom uitkoop ? Sy lisensie moet summier opgeskort word en hy moet van vooraf aansoek doen.
Anders as met luukse motors is die kans in ‘n ongeluk dat hy die seerste gaan kry.
Motorfietsryers het ook die arrogante houding dat as hulle fouteer, dan vloek hulle op motoriste.
‘bikers’ en ‘towtrucks’ is seker die wettelooste bestuurders op die pad gevolg deur taxi’s en vroue in klein karretjies en mans in 4×4’s.
Die res van ons probeer wetsgehoorsaam te wees deur die vrug van die Gees uit te leef en petrol te spaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.