ʼn Man, glo in sy 20’s, is dood nadat sy motorfiets teen ʼn vragmotor gebots het in Polokwane.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het Woensdagaand in Munniklaan plaasgevind. “Die man is op die toneel dood verklaar.” Steinmann sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die plaaslike owerhede ondersoek.