Motorfietsryer sterf in Jhb-botsing

Die foto is deur die gebruiker @bronwynpillay op Twitter gelaai.

ʼn Motorfietsryer is Maandagoggend dood nadat hy in ʼn botsing met ʼn veiligheidsmotor betrokke was op Beyers Naude-rylaan in Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die ongeluk het omstreeks 7:00 Maandagoggend plaasgevind in die rigting van Cresta. Die 24-jarige motorfietsbestuurder het glo beheer verloor oor sy motorfiets voor hy teen die veiligheidsvoertuig gebots het. “Hy is in die lug geslinger en het op ʼn bewegende voertuig te lande gekom voor hy in die pad geval het.” Die man het ernstige interne en kopbeserings opgedoen sowel as verskeie beenbreuke. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.