Motorfietsryer sterf in ongeluk

Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy teen ʼn motor gebots het in Vereeniging.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die ongeluk het Saterdag in De Villiers-rylaan plaasgevind. Die motor was glo op pad om by ʼn hoërskool stil te hou toe die motorfiets glo in die bestuurder se kant vasgery het. Die bestuurder van die motorfiets is op die toneel dood. Hy was glo in sy 30’s. Die bestuurder van die motor, ʼn 44-jarige vrou, was in die wrak vasgekeer weens die skade aan die kant van die motor. Die vrou is op die toneel behandel voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.