Motorfietsryer sterf in Vrystaat

Argieffoto

ʼn Motorfietsryer is Saterdag dood nadat hy naby Bethlehem in die Vrystaat vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor en verongeluk het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die oggend sowat 25km van Bethlehem op die R26-pad plaasgevind.

“Paramedici het die motorfietsryer en sy motorfiets teen ʼn wal langs die pad aangetref,” het Banks gesê.

“Die slagoffer, wat kritieke beserings opgedoen het, is op die toneel dood verklaar,” het Banks bygevoeg.

Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Volgens Banks was geen ander voertuig in die voorval betrokke nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda du Plessis ·

Ons innige simpatie aan sy familie, geliefdes en motorfietsvriende! Mag jul vertroos word deur die Heilige Gees en God se liefde en omgee nou ervaar! Ons hou jul in ons gebede en gedagtes vas! Xxx

Adrie van Dyk ·

Jy en jou gesin bly in ons gebede in die hartseer tyd. Sterke my vriendin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.