Motorfietsryer sterf na hy teen trok bots

ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy Donderdag teen ʼn vragmotor gebots het op die R33 Graytownweg, KwaZulu-Natal.

Andre Visser, woordvoerder van ER24, sê die motorfietsryer het glo beheer verloor en reg van voor teen ʼn vragmotor gebots. “Paramedici het op die toneel aangekom en gevind dat die motorfietsryer, glo in sy laat twintigs, verskeie noodlottige beserings opgedoen het.” Die man is op die toneel dood verklaar, Die insittendes in die vragmotor is nie beseer nie. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.