Motorfietsryer sterf op N1

ʼn Man in sy dertigs is omstreeks 07:15 Maandag op die N1 in Randburg oorlede.

Alhoewel die oorsaak van die ongeluk steeds nie bevestig is nie, sê paramedici die man se liggaam het in die vinnige baan gelê. Die man is vermoedelik van sy motorfiets geslinger nadat hy teen die agterkant van ʼn motor gebots het.

Dié motor was glo in die noodbaan van die N1 tussen die Beyers Naude en Malibongwe-afrit op die N1 Noord. Die motor is vermoedelik deur voetgangers gestoot nadat dit tegniese probleme opgedoen het.

“Die man is op die toneel dood,” het Vanessa Jackson van ER24 gesê. Die jong man was glo reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die bestuurder van die motor, ‘n vrou, is na bewering erg getraumatiseer deur die voorval. Geen ander persone is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.