Motorfietsryer van Pietermaritzburg sterf

ʼn Motorfietsryer is Donderdagoggend in ʼn botsing in Pietermaritzburg dood.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911 in KwaZulu-Natal, sê die man was in sy dertigs en die voorval het in Townbushweg, in Chase Valley, plaasgevind.
“Volgens ooggetuies het die motorfiets van die pad af gedwaal en teen ʼn paal gebots. Dit is egter nog onbevestig en die polisie ondersoek die voorval,” het Botha gesê.
Die man se liggaam is ‘n paar meter van die wrak aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.