Motorfietsryer vas oor spoed

ʼn Motorfietsryer is Sondag op die N1-suid naby die Maraisburg-afrit in hegtenis geneem nadat hy teen meer as dubbel die wettige spoedgrens gery het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die 33-jarige man is teen 242km/h vasgetrek op sy wit Honda-motorfiets. “Sy motorfiets het nie nommerplate gehad nie so hy het gedink hy kan die spoedkameras vermy. Min het hy geweet dat ons hoëspoedeenheid aan die suidelike kant van die hoofweg opgestel was, in plaas van aan die noordelike kant soos gewoonlik.” Die man is op borgtog van R1 500 vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Minnaar sê 13 ander motoriste is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle teen meer as 160km/h vasgetrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Die boetes vir hierdie tipe mense is te min. Hulle moet hard geslaan word want hulle is die gevaar van ons paaie. Eintlik moet hulle voertuie sommer geskud word vir ‘n sekere tyd. Hy kry borg van R1500.00 intussen voel hy dit nie eers nie. Kan maar verseker weet hy het maatjies wat saamjaag en so help hulle mekaar. Maar dan moet mens simpatie hê as hulle verongeluk as gevolg van hulle nalatigheid. Jammer as ek ongevoelig klink, maar ek is moeg vir hierdie jaagduiwels wat niks omgee hoeveel ongerief hulle jou wat die wet gehoorsaam, verontrief en in gevaarstel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.