Motorfietsryer vas oor spoed

ʼn 37-jarige motorfietsryer is Sondag op die N1 naby Nasrec, suid van Johannesburg, vasgetrek nadat hy meer as dubbel die wettige spoedgrens gery het.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, hoof supt. Wayne Minnaar, sê die man van Alberton het 245km/h gery op sy groen Kawasaki motorfiets. “Hy is in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur.” Minnaar sê hy sal ook op ʼn bykomende aanklag tereg staan aangesien sy nommerplaat nie op die motorfiets vertoon is nie. Die man sal Maandag in die Roodepoort landdroshof verskyn.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.