Motorfietsryer vir spoed in hegtenis geneem

ʼn Motorfietsryer is Saterdag op die N1 naby Olifantsfontein vir spoed in hegtenis geneem, het die verkeerspolisie in Gauteng gesê.

Die 21-jarige man was op pad na sy huis in Boksburg toe hy omstreeks 10:00 teen 209km/h in ʼn 120km/h-sone gejaag het, het woordvoerder Busaphi Nxumalo gesê. “meeste supermotorfietsryers bewys voortdurend dat hulle nie die padreëls gehoorsaam nie en dink dat hulle daarmee sal wegkom.” Die man is na die polisiestasie in Midrand geneem en op R1 000 borgtog vrygelaat. Hy sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Midrand verskyn. Nxumalo sê die Gautengse verkeerspolisie het sedert die aanvang van die Paasnaweek 40 mense vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.