Ongeveer 2 000 motorfietsryers gaan Saterdag in Johannesburg teen die e-tolstelsel betoog.
“Die betoging begin om 09:00 in Wemmerpanweg in Rosettenville,” het hoof supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Die optog sal dan na Oakweg, die N12 en die N1 vorder. Die N3-suid en N12-wes sal ook hierdeur geraak word.”
Minnaar waarsku motoriste dat die verkeer ontwrig gaan word. Hy sê die betoging sal tot 12:00 gemonitor word.
Dit wil gedoen word !
Byvoorbaat dank, ons weet julle betoog op ‘n beskaafde wyse, sonder dat dit nodig is vir die SAPD om waterkanonne, ens. in te span.