Motorfietsryers ernstig beseer in N1-ongeluk

Die foto is deur die gebruiker @Scoobydriver op Twitter gelaai.

Twee motorfietsryers is ernstig beseer in ʼn botsing op die N1 suid voor die Rigel-afrit in Pretoria.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die motorfietsryers het in dieselfde rigting gery toe een van hulle teen ʼn motor vasgery en toe teen die ander motorfietsryer gebots het. Wicks sê toe paramedici op die toneel kom het die motorfietsryers sowat 100m van mekaar op die hoofweg gelê nadat hulle van hulle motorfietse geslinger is. Hulle is ernstig beseer. Die een motorfietsryer is na die Unitas-hospitaal geneem vir behandeling terwyl die ander na die Steve Biko Akademiese-hospitaal geneem is. Verkeer op die N1 is erg ontwrig en het sover as die N4-wisselaar stilgestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.