Motoris beseer na motor deur muur bars, in swembad beland

Foto: ER24

ʼn Man is beseer nadat hy Vrydag deur ʼn muur gebars het met sy motor en in ʼn swembad beland het in Germiston.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die man het glo uitgeswaai om ʼn botsing met ʼn taxi te voorkom wat glo skielik gestop het om passasiers af te laai. Die man kon glo nie beheer oor sy motor terugkry nie en het deur ʼn huis se muur gebars en in die swembad beland. Inwoners van die huis het die man uit sy motor getrek en hy is deur paramedici op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.