ʼn Motoris is Donderdag onherkenbaar verbrand nadat sy voertuig teen ʼn boom gebots het.
Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het in Geldenhuysstraat in Benoni plaasgevind.
“Na wat verneem word, het die bestuurder van ʼn BMW beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn boom gebots. Die voertuig het aan die brand geslaan. Die persoon is op die toneel dood verklaar,” het Banks gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.