Motoris brand dood ná botsing

Foto: ER24

ʼn Motoris is Donderdag onherkenbaar verbrand nadat sy voertuig teen ʼn boom gebots het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het in Geldenhuysstraat in Benoni plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die bestuurder van ʼn BMW beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn boom gebots. Die voertuig het aan die brand geslaan. Die persoon is op die toneel dood verklaar,” het Banks gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.