Motoris jaag in muur vas

Foto verskaf deur ER24

ʼn Motoris het Saterdagaand beheer oor sy voertuig verloor en in Old Mainweg naby die Malvern-polisiestasie in Chatsworth, KwaZulu-Natal, in ʼn huis se muur vasgejaag.

Wonderbaarlik het die bestuurder en sy passasier nie ernstige beserings opgedoen nie. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê beide persone het reeds buite die voertuig gestaan toe paramedici opdaag. Die bestuurder het gekla oor pyn in sy been. ʼn Paramedikus het vermoed dat hy moontlik nek- en rugbeserings opgedoen het, en hom op ʼn spesiale draagbaar geplaas om enige verdere besering te verhoed. Die passasier is vir ligte skrapies en snytjies aan sy kop en hande behandel. Beide pasiënte is op die toneel stabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem om verdere mediese behandeling te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.