Motoris jaag weg ná hy fietsryers omry

Argieffoto.

Argieffoto.

Drie fietsryers is beseer nadat ʼn bakkie Maandagmiddag in Bloemfontein in hul ingeploeg en weggejaag het.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Dinsdag gesê die voorval het in Tibbie Visserstraat plaasgevind.

“ʼn Man, sy tienerseun, en ʼn vriend het naby die lughawe fietsgery. Iemand in ʼn bakkie het van agter in die tienerseun vasgery. Die pa het agtergekom sy seun het geval en toe hy omkyk, is hy en sy vriend ook getref,” het Venter gesê.

“Hulle was nog steeds deurmekaar oor wat gebeur het, toe hulle die bakkie van die toneel af sien wegjaag.”

Die vriend het matige beserings opgedoen en is na die Bloemfontein MediClinic geneem vir verdere behandeling. Die pa en sy seun het geringe beserings opgedoen en het besluit om hul eie dokter te raadpleeg.

Enigiemand wat die voorval sien gebeur het word versoek om die polisie op 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

justi ·

Dis werklik uiters swak van enige motoris om weg te jaag. Waarom nie stilhou en help nie? Was die persoon dalk dronk gewees. Lyk my dis nou die inding, ry iemand om en jaag weg. Mag hy\sy aangekeer word.

Arrie ·

Hoop almal is okay. Die geval is baie erg, en niemand verdien so iets nie. Hierdie fietsryers is tien teen een persone wat hul reëls gehoorsaam het en agtermekaar ry soos dit hoort. Dit alles omrede mense nie meer respek het vir mekaar nie en soos maniake jaag. Maar nou weet ek ook van gevalle, waar fietsryers so arrogant is en dink die pad behoort aan hulle, wat in bondels ry met ‘n voertuig agterna teen 10 km/h en jy as motoris moet nou maar geduldig aanpiekel, wat jou kind betyds by die skool moet kry of by die werk moet kom. Het hierdie mense geen idee waardeer hulle motoriste sit nie, hoekom moet hulle in ‘n bondel ry en nie agtermekaar nie? Altyd gedurende spitsverkeer en op ‘n pad wat jy nie verby kan gaan, sonder om jou eie lewe in gevaar te stel nie. Die Boschkop pad is ‘n puik voorbeeld. Moenie eers vir die ouens skeef kyk nie, dan word jy sommer met waterbottels gegooi of gevloek. Ek is vanoggend deur so ‘n arrogante vent aangevat, dit is nou tipies die ou wat geen respek vir sy medemens het nie. Elkeen voel hy het reg van weg en almal moet vir hulle pad gee. Dit sluit almal in, van voetgangers/fietsryers/motorfietse/ voertuie/taxis/trokke/busse/ mans/vrouens/wit/swart/ens. Al wat moet gebeur is dat mense die reëls moet gehoorsaam, is dit nie maklik genoeg nie!! Wat het geword van bedagsaamheid. Ek weet ek is nou totaal en al van die punt af, maar hopelik kliek een ou wat hier gesê word en een ou se lewe word gered!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.