Motoris kry R400 000 boete

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Gauteng motoris was geskok toe hy ʼn brief in die pos kry wat beweer hy skuld R400 000 nadat hy oor verkeersboetes gekla het.

The Star berig dat Wayne Evans nie die enigste motoris in Gauteng is wat ʼn verregaande boete sal ontvang nie. Volgens die dagblad sal nagenoeg 50 000 motoriste só boete kry wat hulle binne 32 dae moet betaal. Dié yslike boetes is egter te wyte aan ’n rekenaarprobleem wat die desimale kommas laat verdwyn het. Evans het die Johannesburgse metropolisie gekontak waar hy meegedeel is dat hy eintlik net R4 000 skuld. Motoriste is aangeraai om hulle boetes by die metropolisie se kantore te betaal aangesien dié sisteem die korrekte bedrag sal weergee.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.