Motoris soek na ‘padwoede’-moord

Foto: Guy Tomlinson/Facebook

ʼn Man is Woensdagmiddag op die M4, naby die Montclair-afrit in Durban, doodgeskiet tydens ʼn beweerde padwoede voorval.

The Mercury berig dat ʼn vragmotor bestuurder glo omstreeks 12:45 in ʼn argument betrokke was met ʼn ander motoris. “Die bestuurder van die ander motor het glo sy motor voor die vragmotor gestop en uit sy motor geklim. Toe hy die vragmotor begin nader het die bestuurder van die vrag motor hom glo geskiet. Die vragmotorbestuurder het weeggejaag en die man is op die toneel dood,” het ʼn polisiewoordvoerder, lt. kol. Vincent Mdunge, gesê. Die operasionele bestuurder van Parks Patrol, Cobus Esterhuizen, sê van sy veiligheidswagte was eerste op die toneel. Hy sê die oorledene was glo van Johannesburg en dit is nog nie duidelik wat hy in Durban gedoen het nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.