Motoris vas ná hy met metrobeamptes praat

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Motoris van Bryanston in Johannesburg is vroeër die week in hegtenis geneem nadat hy glo by metropolisiebeamptes wou kla oor ʼn verkeerslig wat buite werkings was.

LookLocal Sandton berig dat Thomas Günther op William Nicol-rylaan gery het en dat die verkeer druk was weens ʼn verkeerslig wat buite werking was by Sandton-rylaan. Günther sê hy het metrbeamptes langs die pad opgemerk en besluit om vir hulle te vra of hulle weet van die verkeerslig wat buite werking is. “Die beampte wat ʼn spoedkamera beman het, het my teen die motor gedruk en my geboei.” Günther beweer dat nog ʼn beampte hom verbaal mishandel het en rassistiese aanmerkings gemaak het. Hy is later amptelik by die Sandton-polisiestasie in hegtenis geneem en aangekla van aanranding en inmenging. Günther is glo vir nagenoeg vier uur aangehou voor sy advokaat daarin kon slaag om hom vrygelaat te kry. Hy moes in die Randburg landdroshof verskyn maar die saak is van die rol geskrap. ʼn Woordvoerder van die metropolisie, Edna Mamonyane, sê Günther kan ʼn klag indien teen die betrokke beamptes.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.