Motoris wat glo moor tóé polisieman

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waar ʼn Ekurhuleni-metropolisiebeampte glo deur ʼn polisieman doodgeskiet is.

Maroela Media het Maandag berig dat die beampte Popi Simohiwe Maseko doodgeskiet is nadat sy ʼn motoris vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem het by ʼn ongelukstoneel in Brakpan aan die Oos-Rand. Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê die motoris is egter later geïdentifiseer as ʼn 28-jarige polisiebeampte van Brakpan. Maseko en haar kollega het die polisiebeampte glo na die Pholosong-hospitaal geneem om bloed te trek. Die polisiebeampte het glo met hul aankoms by die hospitaal sy geweer uitgeruk, Maseko doodgeskiet en van die toneel gevlug. Die polisiebeampte het homself Maandag aan die polisie oorgegee. Hy sal na verwagting Woensdag in die Brakpan-landroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en ontsnapping uit wettige aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.