Motoriste ry oor ongebore baba

Argieffoto van ‘n ongebore baba

Motoriste het verlede week Saterdag onwetend oor ‘n fetus gery wat in die straat voor die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga gegooi is.

“Wys die wêreld hoe wreed ‘n ma kan wees!” het ‘n ontstelde polisiebeampte gesê wat saam met verkeersbeamptes na die toneel ontbied is. Iemand het die amper volgroeide fetus in ‘n plastieksak gesit en dit in die pad voor die skoolhek gegooi, berig SowetanLIVE. “Ek kan nie glo dat ‘n ma so iets aan haar kind kan doen nie,” het ‘n emosionele vrou gesê nadat ‘n taxi by die toneel gestop het. Verskeie mense het uit die taxi gespring en hul misnoeë uitgespreek. Die polisie ondersoek die saak en versoek enigiemand met inligting om met hulle by 013 249 1601 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ester le Roux ·

‘n Wereld waarin vleeslike luste en aborsies twee kante van dieselfde munt is, baar hierdie tragiese gebeurtenis. Laat ons onthou in hierdie Kerstyd dat die Kersboodskap/Christus juis vir die sondige vrou en moeder wat op die daad betrap is, bevrydende nuus gebring het, terwyl sy op die punt was om gestenig te word deur die Fariseers.

Manne en vroue in hul onderskeie rolle en optrede, is in noue verbondenheid. Soos Adam en Eva, Maria en Josef, Christus en Sy bruid, nl. die Christendom op aarde.

Laat dit vir ons almal, mans en vrouens, in hierdie Kerstyd ‘n wekroep wees om verantwoordelikheid te neem oor ons “ongebore” en “gebore” babas, deur in waarheid en liefde met mekaar om te gaan…”met mekaar gemeenskap te he.” So, glo ek, laat ons Sy Koninkryk in hierdie wereld kom, waarin ons kinders veilig en geborge kan opgroei tot fisiese en geestelike volwassenheid.

Kennis oor wat waarheid en liefde is, sal ons dalk van die ashoop van weerspreking moet gaan red. Hier is ‘n “wenk” van St Theresa Benedicta of the Cross, oftewel, Edith Stein, ‘n Joodse Christenmeisie wat in die Nazi-konsentrasiekamp gesterf het: “Do not accept anything as truth if it lacks love, and do not accept anything as love which lack truth! One without the other becomes a destructive lie”.

So kan selfs uit hierdie onskuldige kindjie wat wreedaardig gesterf het, se lewe en sterwe, groot heil kom vir ‘n wereld wat, so voel dit vir my, deur eie wreedheid verslind word. Want se nou dit was die Christuskind van daardie nag? Laat ons opnuut wakker word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.