Motoriste van ander provinsies gaan óók e-tol betaal

tolhek 2Motoriste van regoor die land sal ook moet betaal as hulle op e-tolpaaie in Gauteng ry, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Vrydag gesê.

Vusi Mona, ʼn woordvoerder van Sanral, het gesê motoriste wat Gauteng besoek kan e-tolgeld betaal binne sewe dae sonder om te registreer vir ʼn e-tolrekening, of hulle kan vir ʼn rekening registreer, of hulle kan aansoek doen vir ʼn dagkaartjie.

“As ʼn motoris nie wil registreer vir ʼn e-tolrekening nie en ook nie ʼn dagkaartjie wil aanskaf nie, kan hulle die e-toltariewe by ʼn e-tolkliëntedienssentrum of aanlyn betaal,” het Mona gesê. In dié geval moet motoriste hul voertuig se registrasienommer kan verskaf.

Dagkaartjies kan by Sanral se webwerf, inbelsentrum of kliëntedienssentrums gekoop word.

“Mense moet asseblief kennis neem dat dagkaartjies nié by enige winkel beskikbaar is nie.” Dít volg nadat daar vroeër berig is dagkaartjies sal by winkels soos Shoprite, Pick n Pay en Spar beskikbaar wees.

Dagkaartjies kos R30 vir motorfietse, R50 vir voertuie, R125 vir klein vragmotors en R250 vir groot vragmotors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Aitsa …. hier kom groot gemors!! Wat van die ou in Moz? Betaal hy nie maar ek moet?

Justi ·

Klomp flippen gelwolwe! Gaan bedel eerder by die wat so “ryk” is weens korrupsie geld! Goeie genade, dit ruk hand uit!

LAnie ·

Ja ne !! En hoe gaan hulle dat die klomp van Zim ook betaal ? En as jou kar gesteel word – wie moet dan die geld betaal ? En die onwettige taxis?

Piet. ·

Ek was nog altyd onder die indruk dat hulle jou ‘n rekening moet stuur. Indien ek van Jhb. na Pta en terug ry, hoe sal ek weet hoeveel ek moet betaal ? Of sal ek met ‘n dagkaartjie van R50.00 vir my kar net soveel en so lank kan ry as wat ek wil ? En sal ek R50.00 moet betaal indien ek net in totaal 10 km. op ‘n tolpad ry ? En indien ek wel ‘n rekening kry en nie die pad gery het nie ? Op wie gaan die bewyslas lê. E-tol is ‘n kroekspul saamgeflans uit alles wat sleg en korrup is.
Laat ons eerlik wees : Die hele e-tol systeem gaan gladnie oor die onderhoud of aanleg van nuwe weë nie, die regering soek geld, geld, geld om hulle uitspattige lewensstyl te handhaaf. Hierdie regering was nog nooit bekommer oor die mense wat hulle moet dien nie, hulle het net een belang : Hulle self.
My uitgangspunt is : Bly rustig. Wag tot jy ‘n rekening in die pos kry en indien hulle navraag doen is my tjek in die pos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.