Motoriste vas na hulle in noodlaan ry

Meer as 40 motoriste is Donderdagoggend in Beyers Naude-rylaan in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle in die noodlaan gery het.

ʼn Woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, Busaphi, Nxumalo, sê meeste van die motoriste wat in hegtenis geneem is, is taxibestuurders. Sy sê egter dat van die ander mense wat in hegtenis geneem is, in private motors gery het. Die motoriste is vir roekelose bestuur in hegtenis geneem en na die Honeydew-polisiestasie geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Albert Venter ·

Ek vertrou dat die verkeers afdeling ‘n ondersoek sal loots oor hoekom hierdie mense in die geel baan ry. Omrede daar geen streng wets toepassing is nie dis hoekom. Dis nie net taxi’s of gewone motoriste nie maar ook insleep voertuie wat oor geverfde eilande jaag, verkeersligte verontagsaam en hoå snelheid handhaaf ens. Die verkeer afdeling moet ersntig besin en aksie neem. Wat van die persoon wat op die snelweg (waarom word dit ‘n snelweg genoem) waar motoriste teen ‘n snelheid van 120 km per uur reis, in die middel baan teen ‘n snelheid van 70 km aankruie. Stel uself voor op die snelweg ten tye van spits verkeer bv die N1 of enige ander area en vyftig motoriste handhaaf 120 km per uur en dan doem hierdie voertuig op wat teen 70 km ry of hierdie vragmotors wat ander vragmotors verbysteek teen 60 km per uur op ‘n snelweg HALLO!!!!. Die eind resultaat kan choaties wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.