Motoriste wat e-skyfie koop betaal glo reeds

Motoriste in Gauteng wat reeds op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se versoek om ʼn e-skyfie te koop reageer het, betaal glo reeds sekere kostes.

The Star berig dat terwyl die tolstelsel eers oor twee maande in werking tree, motoriste wat die skyfie aangekoop het reeds ʼn rekening ontvang. Volgens die berig word dié motoriste gedwing om R5 te betaal vir rekeningstate en 20c per SMS-boodskap wat hulle ontvang oor hulle rekeningbesonderhede. Die aftrekkings word glo sonder hulle wete of toestemming gedoen. Sanral het nooit besonderhede oor die kostes bekendgemaak nie en het Woensdag geweier om kommentaar te lewer. Sanral wou ook nie bekendmaak hoeveel e-skyfies reeds verkoop is en hoeveel geld die maatskappy hiermee gemaak het nie. ʼn Motoris van Johannesburg sê sy het die skyfie gekoop en het kort hierna SMS-boodskappe begin ontvang. Sy het R50 op haar rekening gelaai en gevra dat sy ʼn SMS-boodskap kry sodra haar rekening laag is. Sy is aangesê dat die tolfooie van haar rekening afgetrek sou word sodra die tolstelsel in werking tree. Sy het egter kort hierna SMS-boodskappe begin ontvang wat sê haar rekening is laag en dat sy haar rekening weer moet laai. Sanral wou nie kommentaar lewer op die bewerings nie, aangesien meeste van sy personeel reeds met verlof is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.