Motorverhurings spesiaal vir kriminele

‘n Man wat ‘n motorverhuringsmaatskappy vir misdadigers bedryf het, is tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Mohammed Afran (30), van Londen, het ‘n voertuigvloot besit wat hy aan misdadigers uitverhuur het, het die West Midlands-polisie gesê. Hy het in een stadium glo tot 21 motors gehad wat hy op onwettige wyse bekom het. Die polisie in Birmingham het in 2009 reageer op inligting wat hulle ontvang het. Afran en sy medebeskuldigde, Mohammed Salam (31), het glo meer as £5 000 per maand uit dié besigheid verdien.

Birmingham Crown-hof het aangehoor hoe Afran en Salam boonop die voertuie as gesteel aangemeld het wanneer die polisie daarop beslag gelê het. Die twee mans het ook ‘n werkloosheidstoelaag verdien.

Die ondersoek het uiteindelik tot ‘n verskeidenheid van lasbriewe gelei wat die polisie in Maart 2010 magtiging gebied het om vyf persele te deursoek en die twee mans is gevolglik in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op meer as £55 000 en ‘n rekeninghoudingboek wat die transaksies uiteengesit het.

Afran het erken dat hy meer as £90 000 gewas het, en skuld erken op minagting van die gereg.

Salam moet 12 maande lank gemeenskapsdiens doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.