Motorwag het wetenskaplike vermoor

'n Motorwag is Donderdag skuldig bevind van moord op 'n afgetrede mikrobioloog wat vyf jaar gelede in sy huis in Pretoria vermoor is. Foto: getsignbase.com

ʼn 38-jarige man wat deel van ʼn bende was, wat vyf jaar gelede ʼn afgetrede wetenskaplike in sy huis in Garsfontein, Pretoria vermoor het, is Donderdag skuldig bevind.

Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat Abel Magopa die 61-jarige Professor Bill van der Riet vermoor het en ʼn tas vol klere, munte en ʼn DVD-speler gesteel het.

ʼn Lid van die gemeenskapspolisiëringforum het Van der Riet se liggaam gevind nadat sy tuinier onraad gemerk het toe hy nie by die erf kon inkom nie.

Regter Cynthia Pretorius het die manier waarop die afgetrede mikrobioloog van die WNNR gevind is as hartseer beskryf. Van der Riet was vasgebind, half naak en hy het ʼn afdrooglap om sy nek gehad.

ʼn Afdruk van Magopa se wysvinger is op ʼn koerantadvertensie gekry en nog ʼn afdruk van sy handpalm is langs die lyk gevind.

Magopa het ontken dat hy enige aandeel in die moord gehad het. Hy het gesê hy is ʼn motorwag by die Willows-sentrum. Magopa het verder verduidelik dat sommige van die kliënte hom toegelaat het om hulle koerante te lees terwyl hulle inkopies gedoen het.

Pretorius sal Magopa op 22 Mei vonnis. Die staat het vir ʼn lewenslange tronkstraf gevra. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.