Motsepe gee ‘baie’ geld vir liefdadigheid

Patrice Motsepe. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die miljardêr-sakeman Patrice Motsepe het Woensdag aangekondig dat sy familie minstens die helfte van die geld wat hulle deur hulle bates gegenereer is aan liefdadigheid gaan skenk.

Motsepe sê dit is belangrik dat diegene wat suksesvol is die minderbevoorregtes moet help. “Ons gaan nie toelaat dat julle alleen swaarkry nie,” het Motsepe, stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, gesê. Die fondse gaan aan die Motsepe-stigting gegee word waarna dit aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word om Suid-Afrikaners, Afrikane en ander mense oor die wêreld te help. Motsepe is volgens Forbes die vierde rykste man in Suid-Afrika met sy waarde wat op R29 miljard geskat word. Motsepe is die agtste rykste man in Afrika en die beklee die 442ste posisie in die wêreld. Motsepe wou egter nie bekend maak hoeveel geld geskenk gaan word nie. “Ek dink dit sal onvanpas wees om ʼn getal te gee.” Motsepe sê hy en sy familie het besluit om by Give Pledge, wat deur die miljardêr Bill Gates en sy vrou Melinda begin is, aan te sluit. Die stigting moedig welgestelde families regoor die wêreld aan om minstens die helfte van hulle rykdom aan liefdadigheidsorganisasies te skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.