Motsepe is SA se rykste

Die mynmagnaat, Patrice Motsepe. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die mynmagnaat, Patrice Motsepe, is volgens die Sunday Times die rykste persoon in Suid-Afrika.

Volgens die lys is Motsepe, voorsitter van African Rainbow Minerals, nagenoeg R22,99 miljard werd. Die Indiese staalmagnaat, Lakshmi Mittal, is tweede op die lys met R20,87 miljard. Die enigste vrou op die lys van die 100 rykstes is Sharon Wapnick, ʼn nie-uitvoerende direkteur van Octodec Investments. Ander name op die lys sluit in die van Whitey Basson, uitvoerende hoof van Shoprite; Chris Wells, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Transet; Marius Kloppers, uitvoerende hoof van BHP Billiton en Nicky Oppenheimer. Dié lys word saamgestel deur Who Owns Whom, ’n onafhanklike navorsingsmaatskappy wat op die Suid-Afrikaanse sakewêreld en ekonomie fokus. Volgens die verslag is daar 28 miljardêrs in Suid-Afrika in vergelyking met verlede jaar se 31.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.