Mpofu stabiel, Farlam-kommissie soek plaasvervanger

Dali Mpofu

Dali Mpofu, prokureur en voormalige uitvoerende hoof van die SAUK, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Donderdag op ‘n strand in Oos-Londen met ‘n skerp voorwerp gesteek en beroof is.

Brig. Marinda Mills, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê ʼn ondersoekbeampte sal vandag Mpofu se verklaring neem omdat hy tot nou toe onder verdowing was.

Intussen het die Farlam-kommissie van Ondersoek, wat verlede jaar se Marikana-bloedbad ondersoek, gesê hulle hoop dat verrigtinge, wat volgende week sou hervat, wel sal voortgaan.

Tshepo Mahlangu, die kommissie se woordvoerder, het Vrydag gesê hulle is in gesprek met die regspan waarvan Mpofu deel is, wat die mynwerkers verteenwoordig. ʼn Voorstel is gemaak dat iemand tydelik vir Mpofu instaan terwyl hy aansterk.

Mahlangu het gesê die kommissie glo nie die aanval hou verband met die ondersoek nie. “Die polisie het dit baie duidelik gemaak dat Mpofu beroof is, ” het hy gesê.

Lees ook:
ANC veroordeel aanval op Mpofu
Dali Mpofu op strand aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.